The Allegaartjie book is now available. About this book:
Rozet neem mens op ‘n baie persoonlike en emosionele reis met woorde wat reg uit haar hart kom. Jy kan nie anders as om meegevoer te word deur haar ervarings met die liefde en die lewe nie – wat soms pynlik was. Jy lees van seerkry en teleurstelling. En haar worsteling met die diep donkerte waarin depressie haar eens toegegooi het in gedigte soos “ Middernagson”, “Stille Hoop” en “Die skilder”. Maar daar is ook die mooi, die hoop en die vasbyt in “Jy is vir my mooi”, “Vreugde” en “Jy’t sterre in jou hand gehou”. Ons lees van haar hart se punt en sielsgenoot, haar “Chocolate Point” Siamese kat in “Guinivey” en “Welkom tuis!”. Asook haar hartland, soos sy dit noem, “St. Lucia” waarheen sy nog elke jaar terugkeer.
Author: van Niekerk, R.
Date Published: 2014-07-10
ISBN: 978-0-620-61968-4 (print)
ISBN: 978-0-620-61969-1 (e-book)
Published By: Mentornet
Number of Pages: 117
R80.00