Book Published: KOPERMAAN Liefdesgedigte

OOR DIE SKRYWER

Lynn is gebore op 10 Maart 1956 in die ou Militêre Hospitaal in Voortrekkerhoogte wat nou bekend staan as Thaba Tshwane. Sy het skool gegaan op Valhalla Laerskool en Voortekkerhoogtese Hoërskool.

Na matriek het Lynn by die weermag aangesluit en by die dieselfde ou Militêre Hospitaal opleiding gedoen as verpleegster. In Januarie 1977 het sy die kwalifikasie van Algemene Geregistreerde Verpleegster behaal sowel as komissie as ‘n offisier in die destydse SAW (Suid Afrikaanse Weermag). Hierna het sy haarself as psigiatriese verpleegkundige sowel as vroedvrou gekwalifiseer.

Vanaf 1980, nadat sy haar pos as verpleeg-offisier bedank het, het sy vir 10 jaar haar rol as eggenote en moeder van drie kinders vervul.

In 1990 is Lynn deeltyds by die Instituut vir Lugvaartgeneeskunde (ILG) begin werk en in 1991 aangesluit as siviele verpleegkundige, en is opgelei in Lugvaartgeneeskunde. In 2003 het sy weer by die SANW Staande Mag aangesluit en is aangestel as ‘n kaptein. Lynn het by ILG gewerk tot en met haar aftrede in 2016.

Lynn het in matriek begin dig. Danksy Afrikaanse en Engelse letterkunde op skool het Lynn ‘n belangstelling en waardering vir taal ontwikkel.

Author: Lynn Greyling

Date Published: 2018-04-03

ISBN: 978-0-620-72984-0 (print)
ISBN: 978-0-620-72985-7 (e-book)

Published By: iNtgrty

Number of Pages: 102

R80.00

You may also like